News

Dié brug is weer oop

Vaaldam maak nog sluise toe

Nog twee sluise sal vanoggend om 10:00 en 12:00 onderskeidelik by die Vaaldam toegetrek word.

Dit sal beteken dat daar dan nog in totaal vier sluise teen 12:00 vanmiddag, Dinsdag 26 April, by die Vaaldam oop sal wees.

Vaaldam is tans 109,89% vol en water word uitgelaat teen 919,6 kubieke meter per sekonde. Bloemhofdam is nou 106,91% vol en die uitlaat is 1 608,6 kubieke meter per sekonde.

Met die Vaalrivier se watervlak wat reeds aansienlik gesak het, is die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel vir die eerste keer weer oop sedert 19 April toe die brug gesluit is vir verkeer en voetgangers nadat die rivier oor die brug begin loop het.

Stompe en opdrifsels wat op die brug se loopvlak gespoel het, word vanoggend verwyder.

 

 

Related Articles

Back to top button