News

Vandag is jou laaste kans om in te skryf – gou spring, daar is fantastiese pryse om te wen!!

Vertel ons watter sypaadjie-tuin is jou gunsteling

 

 

Inskrywings vir April se kompetisie vir die Mooiste Sypaadjie-tuin in Parys sluit vandag, Donderdag 21 April.

 

Gou spring met jou inskrywing – fantastiese pryse kan gewen word en jy het nog tyd om gou in te skryf. Dit is so vinnig en maklik soos om net ‘n foto van jou sypaadjie-tuin te whatsapp en boonop is inskrywings gratis. 

Alle inskrywings vir Maart, met die uitsondering van die Maart-weninskrywing, dring outomaties deur vir die April-kompetisie.

Hoe skryf jy in:

* Enige iemand kan deelneem.

* Inskrywings is oop vir die hele Parys, of jy in ‘n luukse woning bly, of in ‘n sinkplaat huis…hierdie gaan net oor die mooiste sypaadjie!
* Jy mag ook ‘n sypaadjie of munisipale area wat ‘n inwoner self mooi maak nomineer!

 

Al wat jy hoef te doen is om ‘n mooi, duidelike foto van jou sypaadjie/munisipale area wat jy self onderhou, te WhatsApp met jou naam, van en straatadres na 083 258 3586.
Slegs foto’s met dié inligting sal aanvaar word. Inskrywings vir April sluit 21 April. Die wenner sal elke maand op die laaste Vrydag van die maand aangekondig word.

 

Die wentrofee sal deur die uitvoerende burgemeester van Ngwathe, saam met Sanette van Petit Jardin, oorhandig word op dieselfde dag wat die wenner aangekondig word. Die oorhandiging sal by die wenner se spog sypaadjie gedoen word. Nie net ontvang jy ‘n wisseltrofee nie – daar sal elke maand ‘n fantastiese geskenk/geskenke saam met die trofee aan die wenner oorhandig, word danksy ongelooflike borge se ondersteuning.

 

Wat kan jy wen?
🌟 Een nag se verblyf by River Rock Lodge
🌟 ‘n Wildrit deur Savannah Africa
🌟 Spa geskenkbewys van Stepping Stones Spa
🌟 ‘n Pragtige plant van Misty’s Garden Select
🌟 Geskenkbewys vir ’n heerlike ete deur Mac’s Deli
🌟 ‘n Geskenk van WITH HEART Creations,

 

en natuurlik die wisseltrofee wat deur die burgemeester vir Ngwathe aan jou oorhandig word. Borge wat wil bydra tot die kompetisie met pryse of geskenkbewyse, veral ook vir die tuiniers wat help om hierdie pragtige sypaadjies in stand te hou, kan vir Sanette by 083 258 3586 skakel.

 

Só lyk ons spog inskrywings wat alreeds ontvang is. 

 

  

 

 

 

         

   

   

 

 

   

 

 

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button