Die ongelooflike gesig is vroeër vanjaar gesien toe daar agt sluise oop was by Vaaldam. Alle sluise by die dam is tans toe. Foto: Verskaf
Die situasie by Vaaldam bly vandag onveranderd met agt sluishekke wat steeds oop is. Ses hiervan is in die middel, en twee aan die kant. Die uitvloei by Bloemhofdam word egter vandag, Donderdag 21 April, om 12:00 verhoog na 1 800 kubieke meter per sekonde.
Dit is hoe dit vanoggend by die Vaaldam lyk waar agt sluise oop is. Op die foto kan die ses oop sluise in die middel, en die twee oop sluise aan die kant, duidelik gesien word. Foto: Verskaf
.
Die foto is vanoggend om 07:00 by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel geneem. Die brug is steeds gesluit vir voetgangers en verkeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.