News

Inspirerende waterverf-tegnieke en velsorgwenke sorg vir gesellige saamkuier-oggend

Inspirerende waterverf-tegnieke en velsorgwenke sorg vir gesellige saamkuier-oggend

Van watter ouderdom af moet jy regtig na jou vel begin kyk? Wat is die waarde van goeie velsorg vanaf ‘n vroeë ouderdom? Dié en ander vrae rondom velsorg is beantwoord deur Thea Bruwer toe sy tydens die onlangse VLU-bymekaarkom met dié vroue kom gesels het. Daar was ook inspirerende waterverftegnieke gedeel deur plaaslike skilder, Wilma Marais, wat menige van die vroue met nuwe oë na skilderkuns laat kyk het.

Die volgende VLU-byeenkoms is op 10 Mei. Kom kuier en gesels saam met hierdie dinamiese groep vroue. Hier kan jy seker wees dat jy met elke byeenkoms nuwe wenke en idees sal kry oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe en handvlyt, en op die koop toe nuwe vriendinne sal maak.

Of jy nou handvaardig is aldan nie, lief is om in die kombuis te bak of te brou of dalk eerder ver wegbly van die kospotte, ‘n kranige fotograaf is of eerder daarvan hou om jou gedagtes op papier te sit. Wat ookal jou belangstelling – jy mag dalk net ‘n nuwe stokperdjie ontdek. As jy nie wil aansluit by die VLU nie kan jy as gas die lekker saamkuier bywoon, en daar is geen verpligting om aan enige handvlyt aktiwiteit deel te neem nie. Kom kuier saam. Vir navrae oor die VLU skakel Bernadet van der Ende by 082 474 0304, of Annatjie Dreyer by 082 464 0204.

Wenwenke van ons VLU dames

Suurlemoensap kan in ysbakkies gevries word.

Suurlemoenskil vries ook baie goed.

Suurroom kan gebruik word in die plek van gewone jogurt.  

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button