News

“Ek het vanoggend vir die eerste keer die rivier voor my huis gesien!

Visse swem op die gholfbaan

Vir die eerste keer ïn meer as sewe jaar sien ek die rivier van my stoep af.” Só vertel ‘n inwoner van die Parys Golf & Country Estate. “Waar ons gisteraand nog tot naby die laagwaterbruggie by die 4de gaatjie op die gholfbaan kon kom, is die laagwaterbruggie by die vierde gaatjie nou onder water. Die kinders het nog gisteraand opgewonde probeer om die vis in die poel water op die gholfbaan te vang.  Vanoggend lyk die prentjie heel anders.”

Hoewel nog nie soos in 2011 nie, is dit die meeste water wat in meer as tien jaar hier gesien is.

Die Vaalrivier se watervlak het aansienklik gestyg sedert Maandag 18 April, nadat wydverspreide reën oor die Paasnaweek geval het,spruite oorloop, en nog twee sluise gister, Dinsdag 19 April, by Vaaldam oopgemaak is. Dit beteken dat sewe sluise reeds oop is en was die uitlaat vanaf Barrage gister meer as toe dit op sy hoogste in Januarie vanjaar was.

‘n Agtste sluis word vandag oopgemaak.

Vaaldam is tans 116,55% vol en Bloemhofdam 105,93%. Die gholfbaan op die Parys Golf & Country Estate is tans gesluit weens die stygende watervlak, en spoel die water ook oor die laagwaterbrug in die dorp wat toegang tot die Parys Golf & Country Estate verleen. Hier lê die water al naby die sekuriteitshekke. Die landgoed-ingang via die R59 word tans gebruik. Kyk net die water!

 

 

Die Vaalrivier se water lê by die Parys Golf & Country Estate se sekuriteitshekke by die ingang via die laagwaterbrug na Gholfeiland. 

Vir die eerste keer in jare spoel die water oor die verhoogde laagwaterbrug na Gholfeiland. Vroeër voordat die nuwe hoër brug oor die ou laagwaterbruggie gebou is, was dié ou bruggie telkens onder water wanneer die riviervlak gestyg het.   

Net gisteroggend nog, Dinsdag 19 April kon jy  oor die laagwaterbrug na Gholfeiland stap. Sedertdien het die watervlak aansienlik gestyg.

Die foto is by die vierde gaatjie op die Parys Golf & Country Estate se gholfbaan geneem waar kinders opgewonde gisteraand probeer het om vis te vang.

Die laagwaterbruggie by die vierde gaatjie is onder water, waar daar nog Dinsdagaand 19 April tot naby die brug gestap kon word.  

   

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button