NewsNews

Talentvolle Mizelle is Gauteng se beste balletdanser

    Die talentvolle Mizelle Terre’Blanche van Parys, is stelselmatig besig om die land aan die brand te dans.   Mizelle Terre’Blanche   Sy het in Maart verlede jaar haar Cecchetti Advance 1 balleteksamen met ‘n onderskeiding geslaag, en het einde verlede jaar die trofee vir die beste Advance 1 student in die Noordwes/Vaaldriehoekstreek ontvang. …

 

 

Die talentvolle Mizelle Terre’Blanche van Parys, is stelselmatig besig om die land aan die brand te dans.

Mizelle Terre’Blanche

 

Sy het in Maart verlede jaar haar Cecchetti Advance 1 balleteksamen met ‘n onderskeiding geslaag, en het einde verlede jaar die trofee vir die beste Advance 1 student in die Noordwes/Vaaldriehoekstreek ontvang.

 

Na Advance 1 het sy haar Advance 2 professionele eksamen wat ‘n twee jaar sillabus is, in slegs sewe maande voltooi. Sy het die eksamen einde Oktober 2021 onder die leiding van José Pretorius in Johannesburg gedoen.

Sy slaag ook die eksamen met ‘n onderskeiding en het Sondag, 10 April tydens ‘n Cecchetti toekenningsgeleentheid in Johannesburg die medalje en trofee vir die beste Advance 2 student in die Gauteng provinsie ontvang. Mizelle is ‘n oudleerder van Parys Primêre skool en die dogter van Muller en Gizella Terre’Blanche van Parys. Sy is tans ‘n matriekleerder aan Hoërskool Ferdinand Postma.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button