Sterkte aan al ons leerders van Hoërskool Parys en Parys Primêre skool wat vandag aan die eerste uitdun van vanjaar se ATKV redenaarskompetisie vir Afrikaans Huistaal deelneem. Die hoërskool spog met 14 leerders wat vandag hul sê sal sê, en tien leerders van die laerskool neem deel teen ander Vrystaatse skole. N Groot voorreg vir dié leerders om na 2 jaar weer voor beoordelaars te kan staan en praat. Tydens die inperking van die afgelope 2 jaar het deelnemers slegs n video opname van hul toespraak kon instuur.



Parys hou duim vas vir julle. 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



