NewsNews

We Care beplan naweeklange fees – wat is jou voorstelle

We Care beplan naweeklange fees - wat is jou voorstelle

 

We Care beplan ‘n lekker feesnaweek in Oktober van samesyn vir oud en jonk as gemeenskapsprojek. Alle gelde wat met dié naweek ingesamel word, sal gebruik word vir nuwe toerusting en uitbreiding van die dienste wat We Care as nie-winsgewende vrywilliger organisasie in die gemeenskap lewer.
Om ‘n fees te kan aanbied verg egter heelwat beplanning. Daarom nooi We Care die Parys-gemeenskap om op die We Care groepe insette vir die beplanning van die fees te lewer. Wat sou jy graag op die feesprogram wil sien?
Almal wat betrokke wil raak by die fees, of ‘n bydrae wil lewer (groot of klein) is ook welkom om 071 554 7966 te skakel.
Die voorlopige program sal strek oor ‘n hele naweek van die Vrydag tot die Sondag.
Vir die Vrydag word ‘n skole model-kompetisie, kaskar bou en sokkie vir hoërskoolleerders met toesig beplan.
Vir die Saterdag is daar ‘n Sterkman-kompetisie op die program waar spanne sal meeding met items soos trok trek, karaoke, trekkerresies, grassnyerresies, ¼ myl resies, boeresport, ‘n kaskarresies, visserman vergooi uitdaging en hope pret vir die jongspan met springkastele en meer.
Die plan is om ook bekende sangers by die fees te betrek, en kan daar gekuier word met ‘n spitbraai, stalletjies met verskeie lekker wegneemetes en snuisterye en pryse wat gewen kan word. ‘n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees. Die naweek sal met ‘n interkerklike diens afgesluit word.
Enige besighede (nie net plaaslik nie) word aangemoedig om stalletjies te beman, pryse te borg, te adverteer, asook spanne in te skryf vir die onderskeie kompetisies.
“Met die hulp van die gemeenskap van Parys sal daar gepoog word om ‘n fees te hou wat ander dorpe sal beny en besoekers te lok lok! “Hopelik kan dié fees ‘n jaarlikse instelling word,” sê We Care.
As jy voorstelle het, stuur ‘n boodskap of skakel We Care by 071 554 7966.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button