Met vyf sluise nou oop by Vaaldam was dit teen 13:00 vanmiddag, Woensdag 13 April, nog so 2,5 m wat die Vaalrivier se water hier moet styg voordat dit oor die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel sal loop. Gazette het op 17 Januarie vanjaar berig toe die Vredefort Koepel GPF ook gewaarsku het dat water begin oorloop op die Schoemansdriftbrug.
Die foto is deur Sue Janse van Rensburg op Dinsdag 11 April om 13:00 geneem
.
Die foto is in Januarie vanjaar geneem toe die Vaal se water oor die Schoemansdrift-brug geloop het.