Amé van Wyk en Danja van Rhyn, twee oudleerders van Hoërskool Parys, spog elk met nog ‘n A-simbool by ná die hermerk van hul Fisiese Wetenskap en Afrikaans Huistaal matriek eindeksamen vraestelle onderskeidelik.
Amé kan dus nou spog met ‘n skitterende ses A-simbole vir die 2021 matriekeindeksamen vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering, RTT, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Sy studeer tans fisioterapie aan die Universiteit van die Vrystaat – ‘n droom wat vir dié skrander leerder bewaarheid is.
Danja het in totaal nou drie A-simbole vir die 2021-matriekeindeksamen vir Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Lewensoriëntering onderskeidelik. Sy is tans ‘n eerstejaar student in geoktrooieerde rekenmeesterskap aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.