Sedert drie sluise Dinsdag 12 April by die Vaalrivier oopgemaak is, het die watervlak van die Vaalrivier alreeds beduidend gestyg soos hier gesien kan word by die Schoemansdrift-brug op foto’s geneem deur Sue Jansen van Rensburg. S
ó het dit vanoggend, Woensdag 13 April om 07:00 gelyk by die Schoemansdrift-brug.
Vaaldam was teen vanoggend 113,31% vol en Bloemhofdam 105,93%. ‘n Vierde sluis sal om 10:00 by Vaaldam oopgetrek word, en ‘n vyfde sluis om 12:00 vanmiddag. Dit beteken dat in totaal daar dan vyf sluise oop sal wees by Vaaldam.
Gistermiddag, Dinsdag 12 April om 13:00 , het die prentjie heelwat anders gelyk by die Schoemansdrift-brug. Foto: Sue Jansen van Rensburg.