
Paramedici het 17 pasiënte insluitende ‘n vrou wat in ‘n kritieke toestand was, na hospitale in Potchefstroom vervoer vir behandeling
Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 07:00 op die toneel gekom.
“Die vragmotor was langs die pad en die bus ‘n ent verder in die veld. Die passasiers van die bus het op die toneel rondgeloop. Daar was een vrou in die middel van die pad,” het Meiring gesê.
Volgens hom was die vrou in ‘n kritieke toestand.
“Die 29 ander passasiers, almal volwassenes het slegs geringe beserings opgedoen.,” het hy gesê.
Paramedici het 17 van die passasiers, insluitende die vrou wie se toestand kritiek was na hospitale in Potchefstroom toe geneem vir verdere behandeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



