
Sover soos die oog kan sien loop die Kromelmboogspruit se water. Kyk bietjie as jy weer op die R59 ry tussen die N1 oorbrug en Sasolburg by die Truck Stop. Dit is water net waar jy kyk weerskante van die pad.

Een sluishek is ook vanoggend om 10:00 reeds by die Vaaldam oopgetrek met ‘n tweede wat om 12:00 oopgemaak sal word.Die derde sluishek sal om 14:00 vanmiddag oopgemaak word. Barrage het reeds vanoggend, Dinsdag 12 April om 04:00 begin sluise oopmaak in afwagting vir die Vaaldam se water wat kom.Dit vat ongeveer 6 ure vir die Vaaldam se water om tot by Barrage te kom wat min of meer halfpad is na Parys, en dan ‘n verdere 5-6 ure voordat Parysenaars die Vaal se skouspel sal sien. Met Barrage wat reeds vroeg vanoggend sluise oopgetrek het, kan Parysenaars egter reeds ‘n styging in die rivier se watervlak sien.




