Het jy gesien waar loop Kromelmboog se water

Kyk net waar loop Kromelmboog se water

 

Sover soos die oog kan sien loop die Kromelmboogspruit se water. Kyk bietjie as jy weer op die R59 ry  tussen die N1 oorbrug en Sasolburg by die Truck Stop.

Dit is water net waar jy kyk weerskante van die pad.

Het jy gesien waar lê die Kromelmboogspruit se water langs die R59. Foto: A.o. Holtzhausen

Een sluishek is ook vanoggend om 10:00 reeds by die Vaaldam oopgetrek met ‘n tweede wat om 12:00 oopgemaak sal word.Die derde sluishek sal om 14:00 vanmiddag oopgemaak word. Barrage het reeds vanoggend, Dinsdag 12 April om 04:00 begin sluise oopmaak in afwagting vir die Vaaldam se water wat kom.Dit vat ongeveer 6 ure vir die Vaaldam se water om tot by Barrage te kom wat min of meer halfpad is na Parys,  en dan ‘n verdere 5-6 ure voordat Parysenaars die Vaal se skouspel sal sien. Met Barrage wat reeds vroeg vanoggend sluise oopgetrek het, kan Parysenaars egter reeds ‘n styging in die rivier se watervlak sien.  

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button