Hou maar dop! Die water kom! Drie sluise sal vandag, Dinsdag 12 April by die Vaaldam oopgetrek word. Die eerste sluis word om 10:00 oopgemaak met ‘n tweede sluis wat dan om 12:00 vanmiddag oopgemaak sal word.
Die derde sluis sal teen 14:00 vanmiddag oopgemaak word. Oewereienaars is vanoggend al gewaarsku oor die stygende watervlak. Die Vaaldam is tans 110, 54% vol en Bloemhofdam 106,91%.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



