Die twee mans wat in Januarie 2019 ‘n bekende prokureur-sakeman van Vereeniging vermoor en daarna sy lyk in die Vaalrivier gegooi het is Maandag (11 April 2022) op aanklagte van moord in die Palm Ridge-hof skuldig bevind.
Tau en Mpangeva het vir Lyell met ‘n piksteel geslaan en met ‘n tou gewurg. Llyel het aan beserings wat hy tydens die aanval opgedoen het beswyk.
Tau en Mpangeva het op die aand van die moord vir Lyell van sy Volswagen Jetta, ‘n Huaweii-selfoon, sy 9mm Beretta semi-outomatiese pistool met ammunisie en ‘n Seiko-polshorlosie beroof. Hulle het daarna sy lyk in ‘n kar gelaai, na ‘n brug oor die Vaalrivier gery en die lyk in die water gegooi in ’n poging om bewyse te vernietig. Lyell se lyk is die volgende dag, op 12 Januarie 2022, in die Vaalrivier ontdek. Die saak is tot 17 Junie uitgestel om die staat tyd te gee om voorvonnisverslae te finaliseer.

Die twee is later in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.



