News

Spiere bult terwyl Big Ben aan Suid-Afrikaners se lagspiere werk

Spiere bult terwyl Big Ben aan Suid-Afrikaners se lagspiere werk

 

 

As jy die Dewald Wasserfall-treffer, “Jy is die storm” ken, sal jy beslis aanklank vind by sanger en komediant, Big Ben Parody, se weergawe hiervan met die naam, “Jy is enorm”. Dié musiekvideo vir “Jy is enorm” word Saterdag, 16 April op YouTube vrygestel, en wat meer is – dit is hier in Parys by die DFC gimnasium verfilm. Parysenaars wat jy saam met ander liggaamsbouers in dié musiekvideo sal sien is Berné van den Bergh, Jaco en Lené Koekemoer, Heste van der Merwe, Wesly Wallace, Hendri Slabbert, Rymond Mahne en Sean Dekker.  

 

Big Ben Parody saam met van die akteurs in die musiekvideo, “Jy is enorm”.  Die musiekvideo is  by DFC in Parys verfilm.

Big Ben tydens die verfilming van sy nuutste musiekvideo vir “Jy is enorm” – sy eie weergawe van die Dewald Wasserfall-treffer, “Jy is die storm”.  

 

Tweede van links is Hendri Slabbert met Berné van den Bergh langs hom. Beide dié Parysenaars was deel van die verfilming van die musiekvideo Saterdag by DFC. Links is Tristan Marais van Potchefstroom, met Jaco Matthee van Pretoria regs  

Al die akteurs verskyn in klere van die Krag Apie-reeks, geborg deur Hendri, eienaar van DFC en die Krag Apie aanlyn klerereeks. Met sy sin vir humor het Big Ben Parody Suid-Afrikaners aan die lag gekry tydens die somber grendelmaande van die Covid-19 pandemie, toe hy sy eerste video vrygestel het. Die reaksie was so positief dat hy sedertdien reeds 14 musiekvideo’s gemaak het. Hy gebruik bekende Afrikaanse liedere waarvan hy die lirieke vervang met sy eie woorde.

Van sy video’s is al oor die 600 000 keer op YouTube gekyk. Vir sy eerste video het hy ‘n lied van die sanger, Appel, gebruik. Die slagspreuk van die Krag Apie-klerereeks is: Werk hard, speel hard, maar moenie die lewe té ernstig opneem nie, juis om Suid-Afrikaners aan te moedig om ’n gesonde leefstyl te volg. Terselfdertyd is dit ‘n aansporing vir ‘gewone outjies’ wat opkyk na die ‘groot manne’ dat jy enigiets kan bereik met harde werk. En dit sluit aan by die woorde van “Jy is Enorm.”

Big Ben het in 2017/18 begin sing, en is sy droom om eendag op die verhoog te kom. Maar vir nou kry die Namibiër staande applous op sy digitale verhoog vir die manier waarop hy Suid-Afrikaanse se lagspiere geoefen hou met wat hy noem sy “sideline hobby”. Die liriekte vir die treffers wat hy kies vir ’n parodie, skryf hy self, saam met sy sangafrigter, Carlé van Deventer. Die vervaardiging van sy musiekvideo’s word gedoen deur Josh Oosthuizen en ETG Media (videograaf). Dit was Saterdag tydens die video-opname hy en sy span se eerste besoek aan Parys.  

 

 

 

Related Articles

Back to top button