‘Covid vat ‘n pa se plek oor!’

‘Covid vat ‘n pa se plek oor!’

“In die ou jare was die pa van die kind altyd langs die vrou tydens die bevalling. Wat het verander? Wat het van daai tye geword?”

 

Gerda de Lange van die Wes-Kaap skryf:

Ek woon in die Wes-Kaap my dogter-hulle in Meyerton. Sy is swanger met haar eersteling en die verwagte datum is in Junie. Hulle sien ‘n privaatdokter vir die maandelikse ondersoeke, maar het nie die geld vir ‘n private kraam nie.

Hulle het vandag (30 Maart) van hospitaal tot hospitaal gery om vir haar ‘n plekkie te kry om die geskenk van Bo lewe te gee. Maar by al die staatshospitale in die Vaaldriehoek mag die pa nie by staan nie (blykbaar oor Covid). Hoe werk dit? Dit is haar eerste baba en sy moet dan alleen saam met vreemde mense deur die verskriklike pyn gaan. Dit is vir my as ‘n nuwe ouma onaanvaarbaar!

Is daar iewers waar ek kan kla hieroor? Covid kry nou meer mag as ‘n pa. In die ou jare was die pa van die kind altyd langs die vrou. Wat het verander? Wat het van daai tye geword? Dis die eerste goeie oomblikke vir ‘n pa om by die geboorte te wees en te deel in daai blydskap, daai trots, daai geluk.

Is dit net ek of is daar ander wat ook so dink? Dis tog nie net die ma wat die kind maak nie, maar die pa ook en hy het die reg om by te wees met daardie eerste oomblikke.

Nie almal het geld vir ‘n private kraam waar die pa mag by wees nie. Covid het soveel mense van mekaar af weggevat en net toe dit lyk asof dinge begin teruggaan na normaal, loop dinge weer van die pad af!

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button