NewsNews

Hier koop jy nie krag nie

Hier koop jy nie krag nie

 

Betaal gaan jy betaal vir krag! Daar’s nie ompaaie nie. Talle verbruikers het dalk al in die verlede en nou weer knaende Whatsapp-boodskappe ontvang waarin gesê word dat jy Eskom of munisipale koopkrag kan kry teen R550 vir 1300 eenhede krag, of 1 100 eenhede krag teen R400, met ’n nommer waarnatoe jy dan kan skakel of Whatsapp.  

 

 

Dit is ’n bedrogslenter, en moet jy asseblief nie val hiervoor nie, het Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, bevestig. Jy kan slegs voorafbetaalde krageenhede koop by die wettige verkoopspunte of via banke wat die fasiliteit bied, of dan die munispale kantore.

Baie  munisipaliteite het al in die verlede groot verliese gehad juis weens onwettige kragverkope, en/of kragkoppelings. Juis daarom moet jy baie versigtig wees om jou nie skuldig te maak aan hierdie onwettige bedrywe nie. Met Ngwathe se begrotingsvoorstelle wat ter tafel gelê is, en nou gedurende April en Mei oop is vir openbare bespreking en raadpleging, is die voorgestelde tariefstyging vir elektrisiteit, ’n 12,8% styging. Die styging is hoofsaaklik as gevolg van verdere groot Eskom-verhogings, maar is die voorstel nog onderhewig aan goedkeuring deur Nersa, die nasionale elektrisiteitstarief reguleerder.  

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button