NewsNews

‘Dit was net een bol vuur’

‘Dit was net een bol vuur’

 

 

“Dit was ‘n verskriklike ding. Daar was ‘n ontploffing, en toe ‘n tweede ontploffing. Dit was iets wat ek in my lewe nog nie gesien het nie.”
Só vertel Ronel Janse van Rensburg, oor die angswekkende gesig toe die huis in Conroystraat, reg langs die huis waar sy en haar pa en sussie woon, Saterdagaand net voor 22:00 afgebrand het. Ronel het aan Gazette vertel dat sy die aand omstreeks 21:45 besig was met ‘n oproep toe sy die slag gehoor het.
“Ek het dadelik geweet iets verskrikliks het gebeur, en na buite gehardloop.”
“Toe ek buite kom het ek net een bol vuur gesien. Ons het aanvanklik gedink dat daar ‘n man, vrou en babatjie in die huis was.”
Die polisie het egter intussen bevestig dat daar ten tyde van die brand niemand in die huis was nie.
Hoewel daar baie vinnig hulp op die toneel was, kon niks gedoen word om die verwoestingspad van die vlammesee te stuit nie.
Die polisie ondersoek brandstigting.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button