

Die meeste van ons leef vandag teen ‘n snelle pas en onder geweldige druk. In dié proses kom ons selde tot stilstand. “Ons weet dit is belangrik om by God uit te kom, maar dan moet dit dikwels sommer so in die haas gebeur. Tussen werk en skool, ‘n oomblik hier, ‘n tydjie daar.” Die NG gemeente Parys-Oos wil met die “Gebedsreis op die kruisweg van Jesus Christus” mense die geleentheid gee om vir ‘n oomblik regtig stil te word. Die gemeente nooi daarom mense “om die pad saam te kom stap van Jesus se laaste paar dae as mens op aarde. Om Sy stem te soek in die fluistering van die windstilte.” Die geleentheid vir stilraak is 12, 13 en 14 April by die NG gemeente Parys-Oos van 09:00 soggens tot 19:00. Daar is geen koste aan verbonde nie – net ‘n geleentheid om weer stil te word met dié gebedsreis op die kruisweg. Enigeen is welkom.





