NewsNews

Hennenman-distrik verloor een van sy groot boere

Hennenman-distrik verloor een van sy groot boere

 

 

Die 71-jarige mnr. Jurie Wessels, wat gisteroggend, Maandag 4 April, tragies in ‘n helikopterongeluk net buite Parys gesterf het, was een van die grootste boere in die Hennenman-distrik wat naas ‘n melkery, ook ‘n saai- en veeboerdery bedryf het. ‘n Man wat ontsettend hard gewerk en stil geleef het.

Hy was juis die oggend na die Dedwiths se plaas Rockridge net buite Parys onderweg met melkmonsters, toe die helikopter op Rockridge neergestort het.

Die ongeluk het omstreeks 08:40 gebeur, het polisiewoordvoerder, kapt. Malebo Khosana, bevestig. Mnr. Wessels is deur nooddienswerkers op die toneel dood verklaar. Hy was alleen in die helikopter.

Die Hughes 268C helikopter het die kragdrade getref en neergestort by ‘n skuur. Mnr. Wessels was ‘n baie ervare vlieënier met sowat 30 jaar se vliegervaring. ‘n Ondersoek sal deur Burgerlugvaart gedoen word om die presiese omstandighede van die tragiese ongeluk te bepaal, het kapt. Khosana gesê. Ons innige medelye aan sy vrou Linda, dogters Lindie Fourie, Juanita Nel en Isma Fourie en sy kleinkinders.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button