Local newsNewsNews

Tenkwa met bitumen slaan om

SASOLBURG. – ‘n Tenkwa wat bitumen vervoer het, het vir groot chaos gesorg toe dit verlede Dinsdagmiddag op die R57 net buite Sasolburg in die rigting van Vanderbijlpark omgeslaan het.

SASOLBURG. – ‘n Tenkwa wat bitumen vervoer het, het vir groot chaos gesorg toe dit verlede Dinsdagmiddag op die R57 net buite Sasolburg in die rigting van Vanderbijlpark omgeslaan het.

Die tenkwa lê op sy sy op die R57 met bitumen wat ‘n stomende, swart stroom op die middelman vorm. Foto: Schalk le Roux
Die tenkwa lê op sy sy op die R57 met bitumen wat ‘n stomende, swart stroom op die middelman vorm. Foto: Schalk le Roux

Die pad was vir ure gesluit nadat die tenkwa omgeslaan en sy vrag op die middelman van die pad gestort is. Sasolburg se nooddienste was vinnig op die toneel en die Sasolburg brandweer het vinnig die situasie onder beheer gehad. Die vuurwarm bitumen is met water gespuit om af te koel en voorsorg is getref dat dit nie vlamvat nie..
* Bitumen is ’n minerale stof (hoofsaaklik koolwaterstof) soos aardpik, asfalt en petroleum (in ruwe vorm) en ‘n neweproduk van die olieraffineringsproses. Dit moet teen 140°C gestoor word om te voorkom dat dit stol. Dit word gebruik vir herstelwerk en bou van nuwe paaie.
Opruimingswerk het vinnig gewikkel en die storting is binne ‘n paar dae heeltemal opgeruim.

Related Articles

Back to top button