NewsNews

Geen uitdaging té groot vir dié Ouma

As daar iets avontuurliks is om te doen saam met haar kleinkinders, dan is hierdie ouma van 81 gereed vir enigiets. Of dit nou valskerm-spring, ’n rit in ’n warmlugballon of op ’n buiteband op die Sabie-rivier is. Sy sien kans vir enigiets.

As daar iets avontuurliks is om te doen saam met haar kleinkinders, dan is hierdie ouma van 81 gereed vir enigiets. Of dit nou valskerm-spring, ’n  rit in ’n  warmlugballon of op ’n  buiteband op die Sabie-rivier is. Sy sien kans vir enigiets.
En wie weet dalk is die Gautrein volgende op haar lysie, skerts sy as sy sê dat sy dit dalk nou bietjie rustiger moet vat.
Pansy Ellis woon in die Henley Retirement Village en sy’t selfs haar mede-inwoners by dié tehuis sprakeloos gehad toe sy hul kon vertel van haar tandem valskerm-sprong op 21 Februarie by die Parys-vliegveld, so kort ná haar 81ste verjaardag.
Pansy vertel dat haar kleinkinders, Vincent, (22) en Samantha (25) toe hulle nog op skool was gereeld by haar kom kuier het in die Sabie-omgewing. En wat dié twee wou doen, het ouma saam gedoen. Of dit nou perdry of bergklim was – ouma het dit gedoen.
Dit was dan ook geen verrassing toe die drie-stuks onlangs besluit het dat hulle valskerm-spring gaan aandurf nadat Samantha dit saam met haar werkgewers aangepak het.
So gesê, so gedaan en “dis heerlik, baie mooi en so saggies,” vertel Pansy. Maar maak geen fout nie, toe sy daar uit die vliegtuig spring het sy by haarself gewonder “wat maak ek hier?” lag die ouma van 8 kleinkinders en ’n agterkleinkind.
Die driemanskap het elkeen saam met hul eie instukteur gespring.
Pansy vertel dat sy baie fiks en gesond is en daagliks 3,5km stap. Maar dis nie net haar liggaam wat sy fiks en gesond hou nie, haar hart en gees is  nog lank nie oud nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button