NewsNews

Geen uitdaging té groot vir dié Ouma

As daar iets avontuurliks is om te doen saam met haar kleinkinders, dan is hierdie ouma van 81 gereed vir enigiets. Of dit nou valskerm-spring, ’n rit in ’n warmlugballon of op ’n buiteband op die Sabie-rivier is. Sy sien kans vir enigiets.

As daar iets avontuurliks is om te doen saam met haar kleinkinders, dan is hierdie ouma van 81 gereed vir enigiets. Of dit nou valskerm-spring, ’n  rit in ’n  warmlugballon of op ’n  buiteband op die Sabie-rivier is. Sy sien kans vir enigiets.
En wie weet dalk is die Gautrein volgende op haar lysie, skerts sy as sy sê dat sy dit dalk nou bietjie rustiger moet vat.
Pansy Ellis woon in die Henley Retirement Village en sy’t selfs haar mede-inwoners by dié tehuis sprakeloos gehad toe sy hul kon vertel van haar tandem valskerm-sprong op 21 Februarie by die Parys-vliegveld, so kort ná haar 81ste verjaardag.
Pansy vertel dat haar kleinkinders, Vincent, (22) en Samantha (25) toe hulle nog op skool was gereeld by haar kom kuier het in die Sabie-omgewing. En wat dié twee wou doen, het ouma saam gedoen. Of dit nou perdry of bergklim was – ouma het dit gedoen.
Dit was dan ook geen verrassing toe die drie-stuks onlangs besluit het dat hulle valskerm-spring gaan aandurf nadat Samantha dit saam met haar werkgewers aangepak het.
So gesê, so gedaan en “dis heerlik, baie mooi en so saggies,” vertel Pansy. Maar maak geen fout nie, toe sy daar uit die vliegtuig spring het sy by haarself gewonder “wat maak ek hier?” lag die ouma van 8 kleinkinders en ’n agterkleinkind.
Die driemanskap het elkeen saam met hul eie instukteur gespring.
Pansy vertel dat sy baie fiks en gesond is en daagliks 3,5km stap. Maar dis nie net haar liggaam wat sy fiks en gesond hou nie, haar hart en gees is  nog lank nie oud nie.

Related Articles

Back to top button