NewsNews

Skade aan R59 herstel danksy sakemanne wat help

Skade aan R59 herstel danksy sakemanne wat help

Die skade aan die R59 net buite Parys tussen die Parys Vliegveld en Wolwehoek is Dinsdagoggend deur ‘n professionele kontrakteur herstel.

Dit is gedoen danksy die bydraes van tien sakemanne van Parys aan wie groot dank verskuldig is vir die inisiatief.

Die skade aan die pad is veroorsaak toe twee vragmotors op 19 Maart in die vroeë oggendure gebots, en met die impak van die botsing aan die brand geslaan het.

Die pad was na die botsing vir ure gesluit weens die geweldige hitte van die smeulende wrakke wat opruimingswerk bemoeilik het. Die wrakke moes stuk vir stuk losgesny, en met ‘n hyskraan van die pad verwyder word.

Die skade aan die pad het net ‘n dag na dié botsing tot ‘n tweede ongeluk gelei en verskeie motoriste het skade aan hul voertuie se bande gehad. Daar was Dinsdagoggend ook weer ‘n ongeluk waar die pad herstel sou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button