Photo GalleriesSchool

Parys Primêr atlete hou VS naam hoog by SA’s

Parys Primêr atlete hou VS naam hoog by SA’s

Skitter prestasies by die SA kampioenskappe wat die afgelope naweek in Potchefstroom gehou is, was die beloning vir baie harde werk en toewyding die afgelope seisoen vir atlete van Parys Primêre skool, en hul afrigters.

Agter van links is Inke Nortman, Karmi Geldenhuys, Zuan van Riet en Adriaan Nel, met Nuri Rourke heel voor. Foto: Facebook

Al vyf atlete het plekke onder die eerste tien in hul onderskeie items behaal toe daar teen die bestes uit alle provinsies meegeding is.
Adriaan Nel behaal ‘n vyfde plek vir diskusgooi, en Inke Nortman ‘n 10de plek vir die 70m hekkies. Nuri Rourke was 8ste in die 1 200m, en Karmi Geldenhuys tiende in die 200m. Zuan van Riet kon spog met ‘n derde plek in die 70m hekkies en 11de plek in die 100m.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button