News

April bloedskenk-datum verander om Paas bloedtekort te help voorkom

April bloedskenk-datum verander om Paas bloedtekort te help voorkom

Bloedskenkers in Parys moet kennis neem dat die bloedskenk datum vir April verander het as gevolg van die Paasnaweek. Bloedskenkers kan bloed skenk op Dinsdag, 5 April by die Hervormde Kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat, Parys, vanaf 12:00 – 18:00.
Help die Bloeddiens om genoeg bloed in te samel voor die Paasnaweek. Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk weens baie publieke vakansiedae en langnaweke.
Die Bloeddiens doen daarom ‘n beroep op alle skenkers, veral skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, om asseblief te skenk, asook op nuwe skenkers, veral die jeug wat aan die minimum vereistes voldoen, om ‘n bloedskenker te word.
Die minimum vereistes om ‘n bloedskenker te wees, is:
• Wees tussen die ouderdom van 16-75 jaar
• Weeg meer as 50kg
• Geniet goeie gesondheid
• Leef ‘n veilige leefstyl.
Die Bloeddiens vier Maart “Breek die Rekord” maand. Skenkers kan nog help om die rekord te breek deur Donderdag, 31 Maart bloed te skenk by die Hervormde kerksaal, h/v Loop en Paulsenstraat in Parys vanaf 12:00 – 18:00.
Van die 100 eenhede bloed wat daar gepoog word om in te samel, is nog net 54 eenhede bloed vir die maand ontvang.
Jou bydrae kan help om hierdie Paasnaweek ‘n bloedtekekort te voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button