Van doodspad na slaggate op alternatiewe roetes

R30 tussen Welkom en Allanridge nou gesluit

Die R30 tusssen Welkom en Allanridge is vanmiddag, Woensdag 30 Maart, net voor 14:00 vir verkeer gesluit. Dit volg nadat 19 mense reeds hier gesterf en minstens 42 beseer is sedert die begin van Februarie toe die pad oorspoel het ná swaar reën. Sedertdien het motors byna daagliks hier in die water van ‘n pan weerskante van die pad beland.

‘n Oos-Kaapse ouerpaar en hul dogtertjies van 2 en 4 jaar onderskeidelik was die jongste slagoffers nadat hul motor in die vroeë oggendure Maandag op die gedeelte van die R30 tussen Bothaville en Allanridge in die water beland het. Gisteraand, Dinsdag 29 Maart is nog ‘n motor in die water in.

Dit nadat daar verlede week Donderdag, Vrydag en Saterdag ook voertuie in die water was. Hoewel daar duidelike spoed en waarskuwingstekens weerskante van die pad is, is daar nie veiligheidsrelings nie. Die vermoede is dat mense moontlik beheer oor hul voertuie verloor wanneer daar te vinnig van die geteerde deel van die pad na die verhoogde grondgedeelte beweeg word.

Motoriste is aangeraai om nou die R719 van Bothaville na Wesselsbron te gebruik en dan te draai by die R34 kruising na Odendaalsrus/Welkom, of om die R713 van Bothaville te gebruik en dan die R34 tusssen Kroonstad en Welkom. Mense is ook gewaarsku om nie die borde wat aandui dat die R30 gesluit is, te verwyder, of die pad onwettig te gebruik nie. Die sluiting van die pad volg nadat nooddienste vandeesweek ‘n ernstige pleidooi tot owerhede gedoen het om ‘n einde te bring aan die padslagting op die R30 met die onmiddellike sluiting van die pad sodat gekyk kan word hoe die pad veiliger gemaak kan word vir motoriste wat van die pad gebruik maak.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button