NewsNews

Elke vierkant kan iemand hierdie winter warm hou

Elke vierkant kan iemand hierdie winter warm hou

Eke hand wat kan hekel of brei om ‘n blokkie van net 15x15cm te maak, enige kleur, enige wol, enige patroon – is al wat nodig is om ‘n bejaarde by die Amot Tuiste vir Bejaardes hierdie winter warm te hou. Wil jy nie help nie? Al hierdie blokke kan by Anna Patat in Breëstraat, Parys, afgegee word wat dan die blokke aanmekaar sal werk en dit sal omskep in die mooiste, kleurvolle en warm komberse vir bejaardes van Amot wat hulle hierdie winter sal warm hou.

 

Aan die hekel is van links Anneke Odendaal, Lizanne van Reenen, Shawna Stapel en Joanetta Widd. Foto: Verskaf

Die projek word gesamentlik aangepak deur Anna Patat en die NG-gemeente Parys-Wes. Die sluitingsdatum om blokke in te handig is 30 April sodat die komberse betyds oorhandig kan word. Mense van oral is welkom om hul skenkings (wol/blokke) met Paxi te pos as hul dit nie self in Parys kan afgee nie. En as jy nie self kan brei of hekel nie, kan jy ook wol of hekelgare by Anna Patat afgee om te skenk vir die projek. Onthou elke blokkie wat gebrei of gehekel word, maak ‘n verskil.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button