NewsNews

Soms is tyd die kosbaarste geskenk wat jy vir iemand kan gee

Soms is tyd die kosbaarste geskenk wat jy vir iemand kan gee

Ngwathe burgemeester, rdl Victoria de Beer, het Donderdag 24 Maart, harte aangeraak toe sy ‘n besoek aan gestremde  kinders van die Tumahole Selfhelp Association for the Disabled gebring het. Sy het tyd  saam met hulle spandeer en diep in die harte van hierdie kinders gekruip.

Daarna het sy ook die middag ‘n verrassingsbesoek gebring aan Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys waar vrywilligers uit die gemeenskap elke week ‘n uurlange kunsklas aanbied vir inwoners van dié sentrum. Vir hierdie inwoners is die kunsklas baie nodige terapie. Maar dit gaan oor meer as terapie. Dit gaan oor mense se uitreik na ander. Mense wat hul tyd en omgee gee.

 

Ngwathe uitvoerende burgemeester, Victoria de Beer waar sy Donderdag tyd saam met die inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-Sentrum in Parys spandeer het. Foto: Verskaf

 

  Die materiaal vir die kunsklasse kom meestal uit hierdie vrywilligers se eie sakke, of word geskenk deur mense uit die gemeenskap. Victoria het saam met die vrywilligers tyd by elkeen van hierdie inwoners spandeer. Dankie vir soveel omgee, want soms is jou tyd die kosbaarste geskenk wat jy vir iemand kan gee.

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button