News

Geen sekerheid oor wanneer skade aan R59 herstel sal word nie

Geen sekerheid oor wanneer skade aan R59 herstel sal word nie

   

 

Teen Gazette se druktyd kon nog geen bevestiging gekry word oor wanneer die skade aan die R59 buite Parys naby die dorp se vliegveld, herstel sal word nie. Die teervlak is Saterdagoggend, 19 Maart beskadig toe twee vragmotors in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke was tussen Wolwehoek en die vliegveld.

Albei vragmotors het weens die impak van die botsing aan die brand geslaan. Een van die vragmotorbestuurders is op die toneel oorlede, terwyl die tweede vragmotorbestuurder in ‘n kritieke toestand na ‘n Bloemfonteinse hospitaal vervoer is, waar hy Sondag aan sy beserings beswyk het. Die vragmotors het na wat verneem is, onderskeidelik papier en gruis vervoer.

Die botsing het Saterdagoggend net na 05:00 gebeur, en die pad was tot laat die middag gesluit omdat die smeulende wrakke, en geweldige hitte op die ongelukstoneel, as gevolg van die brand, opruimingswerk bemoeilik het. Die wrakke moes stuk vir stuk losgesny en wrakstukke toe met ’n hyskraan opgetel en van die ongelukstoneel verwyder word.

Die pad kon eers daarna skoongespuit en weer vir verkeer oopgestel word. Verkeer is herlei, en opruimingspanne was nog tot laat die middag op die toneel.

Verskeie motoriste het ná die botsing hul kommer uitgespreek oor die skade aan die teervlak, en gesê dat hul vrees dat dit nog botsings sal veroorsaak.

Daar was reeds Maandagoggend ’n botsing reg by die toneel waar die vragmotors Saterdagoggend gebots het. Gazette het Dinsdagoggend verneem dat gesprekke onder meer met Sanral gevoer word om te probeer om die pad te herstel.  

 

   

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button