NewsNews

AfriForum begin veldtog vir ouers teen akademiese ontwrigting

AfriForum het pas ʼn aanlyn-veldtog van stapel gestuur vir ouers van studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat sterk standpunt teen die ontwrigting van die akademiese programme op die twee kampusse wil inneem. Dit volg nadat verskeie ouers AfriForum gekontak het met kommer oor die invloed van die ontwrigting en sluiting van die kampusse op hulle kinders se studies en toekoms.

AfriForum het pas ʼn aanlyn-veldtog van stapel gestuur vir ouers van studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat sterk standpunt teen die ontwrigting van die akademiese programme op die twee kampusse wil inneem.  Dit volg nadat verskeie ouers AfriForum gekontak het met kommer oor die invloed van die ontwrigting en sluiting van die kampusse op hulle kinders se studies en toekoms.

Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, kan ouers aanlyn op AfriForum se webwerf ʼn brief onderteken wat hulle kommer verwoord en wat deur AfriForum aan die besture van die onderskeie universiteite deurgegee sal word.

In die brief eis ouers dat die universiteitsbestuur alle moontlike stappe neem om te sorg dat stabiliteit so gou moontlik op die kampusse herstel word en dat die normale akademiese program hervat word.  Hulle eis verder dat die veiligheid van hulle kinders op die kampusse en in studentebehuising gewaarborg word.

Indien die klastyd wat weens die studenteprotes verlore geraak het, nie op ’n billike wyse ingehaal word nie, gee die ouers verder aan AfriForum ʼn mandaat om namens hulle regsadvies in te win – sonder enige koste-implikasies vir die ouers – oor die moontlikheid van ʼn klas-aksie om die studiegeld wat vergeefs betaal is, van die verantwoordelikes terug te eis.

Bailey noem dat AfriForum en die ouers met dank kennis geneem het van universiteitsbesture se verklarings gister dat strenger beheer op kampusse toegepas gaan word.  “Ons het egter nou al meer as ʼn jaar lank met die aanhoudende ontwrigting van akademiese programme deur klein groepies anargiste op verskeie kampusse deur die land te kampe.  Ouers se vertroue is geskaad en hulle wil hulle frustrasies aan die besture oordra.  AfriForum staan hulle in dié verband by, veral by die twee kampusse wat steeds gesluit is.  Dit sal tyd neem om weer die verhoudings te herstel.”

Ouers sonder toegang tot die internet, kan hulle steun toon deur ʼn SMS met hulle naam en die naam van die universiteit waar hulle kinders studeer na 45268 te stuur.  SMS’e kos R1-00 elk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button