Gou spring – tyd is nou baie min om jou sypaadjie-tuin in te skryf vir ons Mooiste Sypaadjie-kompetisie. Om in te skryf vir die kompetisie vir die “Mooiste sypaadjie-tuin in Parys” is maklik: * Enige iemand kan deelneem. * Inskrywings is oop vir die hele Parys, of jy in ‘n luukse woning bly, of in ‘n sinkplaat huis…hierdie gaan net oor die mooiste sypaadjie! * Jy mag ook ‘n sypaadjie of munisipale area wat ‘n inwoner self mooi maak nomineer! * Maart-inskrywings wat nie as wenner aangewys is nie, sal outomaties oorgedra word na die volgende maand se kompetisie. Al wat jy hoef te doen is om ‘n mooi, duidelike foto van jou sypaadjie/munisipale area wat jy self onderhou, te WhatsApp met jou naam, van, en straatadres na 083 258 3586. Slegs foto’s met dié inligting sal aanvaar word. Inskrywings vir Maart 2022 sluit op 21 Maart.
Die wenner sal elke maand op die laaste Vrydag van die maand aangekondig word, en die trofee-oorhandiging sal deur die burgemeester vir Ngwathe, saam met Sanette van Petit Jardin, oorhandig word op dieselfde dag wat die wenner aangekondig word, by die wenner se spog sypaadje. Nie net ontvang jy ‘n wisseltrofee nie – daar sal elke maand ‘n fantastiese geskenk/geskenke saam met die trofee aan die wenner oorhandig word danksy ongelooflike borge se ondersteuning.