NewsNews

Nog 3 sterf op R30

Nog 3 sterf op R30

 

 

Drie mense het gisteraand kort voor middernag op die R30 tussen Bothaville en Allanridge gesterf, en drie ander passasiers is nie ernstig beseer nie, na twee voertuie die pad verlaat en in die water van ‘n pan langs die pad beland het. Duikers sou vanoggend weer die water fynkam om seker te maak dat daar nie nog liggame of voertuie in die water is nie.

Dit volg nadat daar ook Donderdagaand 17 Maart ‘n motor in die water langs dié pad beland het. Niemand is egter toe beseer nie.

Gisteraand se botsing bring die dodetal op die gedeelte van die pad sedert dit vroeg in Februarie oorstroom het, reeds op minstens 10 te staan.  

 

 

 

 

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button