NewsNews

Groot uitdagings vir opruimingspanne na vragmotorbotsing op R59

      Hoewel een van die bane vroeër vanmiddag oopgemaak is vir verkeer op die R59 rigting Parys, tussen Wolwehoek en die Parys-vliegveld, was die pad weer  kort daarna (14:47) gesluit terwyl opruimingspanne nog die botsingstoneel skoonmaak, nadat twee vragmotors vanggend rondom 05:00 in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was. Beide vragmotors het met die …

   

 

Hoewel een van die bane vroeër vanmiddag oopgemaak is vir verkeer op die R59 rigting Parys, tussen Wolwehoek en die Parys-vliegveld, was die pad weer  kort daarna (14:47) gesluit terwyl opruimingspanne nog die botsingstoneel skoonmaak, nadat twee vragmotors vanggend rondom 05:00 in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was. Beide vragmotors het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.

Motoriste kan verwag dat opruimingspanne nog vir ‘n geruime tyd op die toneel sal wees, maar is die verwagting dat die pad eers lank na 15:00 vanmiddag weer bes moontlik vir verkeer oopgemaak sal word. Groot skade is met die brand aan die teervlak aangerig, en is motoriste gevra om asseblief uiters versigtig hier te bestuur wanneer die pad weer oopgestel word, sodat daar  nie sekondêre botsings veroorsaak word terwyl opruimingspanne nog besig is op die toneel.

Een van die vragmotorbestuurders, ‘n 33-jarige man, is op die toneel oorlede, terwyl die 39-jarige bestuurder van die ander vragmotor in ‘n kritieke toestand na ‘n Bloemfonteinse hospitaal vervoer is.

Die vragmotors het papier en gruis onderskeidelik vervoer, het kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik gesê. Hy het gesê dit is nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie. Daar was groot dankbaarheid vir die Metsimahollo brandweerdiens wat ook hulp op die toneel verleen het asook vrywilligers wat met vuurvegters hulp op die toneel verleen het, en het die voorval weer die kritieke behoefte vir ‘n volledig toegeruste brandweer vir Ngwathe beklemtoon.

Die wrakstukke van die twee vragmotors het vir ‘n geruime tyd na die botsing nog gesmeul, wat opruimingswerk op die toneel ernstig bemoeilik het. Die wrakke moes eers losgesny word voordat die wrakstukke met ‘n hyskraan verwyder kon word. Sodra al die wrakstukke verwyder is, sal die pad ook eers skoongespuit moet word.

Dankie aan die SAPD, nooddienste, vrywilligers, brandweerdienste, verkeersbeamptes, Prinsloo Recoveries en alle ander betrokkenes wat vir ure lank bystand op die toneel verleen het.

 

 

Related Articles

Back to top button