NewsNews

Polisie vind aap-hand by verdagte

Tydens Operasie Reetsa wat onlangs deur polisiereserviste gedoen is, het hulle op die afgekapte hand van ’n aap by ’n verdagte afgekom.

Tydens Operasie Reetsa wat onlangs deur polisiereserviste gedoen is, het hulle op die afgekapte hand van ’n aap by ’n verdagte afgekom.
Volgens ao. Mpho Manyoba van die polisie is drie mans in Markstraat in hegtenis geneem vir die gebruik van alkohol op straat.

Die reserviste voor hulle operasie Saterdag begin het. Foto: Verskaf
Die reserviste voor hulle operasie Saterdag begin het. Foto: Verskaf

Die mans is in die selle deursoek toe daar op die afgekapte hand van ’n aap afgekom is. Die hand is saam met verskeie ander klippe en kruie gevind. Volgens Manyoba is dit nie duidelik waarvoor hulle die “muti” wou gebruik nie.
’n Man en ’n vrou is ook in hegtenis geneem vir die besit van onwettige middels. Volgens Manyoba het hulle baie baklei toe die polisie op hulle afgekom het. Die vrou het gesê sy wil ’n saak van aanranding teen die man maak. Die man het haar polisiestasie toe geneem om ‘n saak aanhangig te maak, maar toe hulle daar kom, het die man vir die polisie gesê dat die vrou eintlik ’n dwelmhandelaar is.
Die polisie het die leidraad opgevolg en die twee na hulle huis in Weyersstraat vergesel. Die huis is deursoek en daar is leë plastiese sakkies, asook gebruikte spuitnaalde gevind. Hulle is albei in hegtenis geneem. Hulle het Maandag in die hof verskyn. Die man is op borgtog vrygelaat, terwyl die saak teen die vrou teruggetrek is.
Drie mans is ook in MC Rooderylaan in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van dagga, terwyl een persoon vasgetrek is op aanklag van bestuur onder die invloed op die Carletonville-pad. Die operasie is onder leiding van permanente polisielede gedoen en het Ventersdorp, Ikageng, Buffelshoek en Potchefstroom ingesluit. Dit het Saterdag tussen 16:00 en 00:00 plaasgevind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button