NewsNews

Een ernstig, twee beseer ná nóg ‘n botsing op R30

          Een pasiënt is ernstig beseer ná nóg ‘n botsing vanmiddag op die R30 tussen Bothaville en Allanridge, toe ‘n motor in die water wat weerskante van die pad loop, beland het. Dit volg nadat ‘n motor ook die naweek hier die pad verlaat en in die pan se water  beland …

 

 

 
 
Een pasiënt is ernstig beseer ná nóg ‘n botsing vanmiddag op die R30 tussen Bothaville en Allanridge, toe ‘n motor in die water wat weerskante van die pad loop, beland het. Dit volg nadat ‘n motor ook die naweek hier die pad verlaat en in die pan se water  beland het.

 

Die R30 tussen Bothaville en Allanridge is al as ‘n doodspad beskryf  nadat ‘n gedeelte van die pad vroeg in Februarie ná swaar reën oorstroom en groot skade aan die teervlak aangerig het. Konstruksiewerk is daarna aan die pad gedoen om die teervlak te herstel, maar is daar sedertdien bykans weekliks ongelukke op die gedeelte van die pad wat ook verskeie sterftes al tot gevolg gehad het. Op Sondagaand, 6 Maart het ‘n motoris op die pad gesterf, net ‘n week nadat  ses mense van Bothaville op Sondagaand 27 Februarie ook op dié pad gesterf het toe  hul voertuig die pad verlaat en in die water beland het. Net voor dit is 11 ongelukke oor ‘n naweek op dié pad gerapporteer    

 
 
Die foto is op 22 Februarie geneem. Foto: Verskaf  
 
 
Op 5 Februarie was ‘n Intercape-bus met 86 insittendes ook in die vloedwater langs die R30 vasgekeer. Al die insittendes kon na veiligheid gehelp word. Hulle was van Umtata na Pretoria onderweg. Hoewel paaie in die Vrystaat van die slegstes in die land is, is die toelaag vir die instandhouding van paaie in die provinsie deur die nasionale tesourie aan ander provinsies toegeken het Netwerk24 vroeër berig.  
 
   
 
 

 
 

Related Articles

Back to top button