News

Rioolstorting gestop, maar die stank!

Rioolstorting gestop, maar die stank!

   

 

Die verstopping by ‘n riool mangat tussen Tumahole en Schonkenville wat inwoners in veral woongedeeltes rondom Endstraat en Derdelaan woedend gehad het oor die ondraaglike stank, is uiteindelik ná twee weke se skandelike rioolstorting, oopgemaak.  

Rioolwater wat weens ‘n verstopping by ‘n riool mangat vir twee weke hier geloop het. Foto: Verskaf

Die Ngwathe munisipaliteit het Saterdag ‘n maatskappy gekry wat die verstopping kon oopmaak omdat die munisipaliteit nie die nodige toerusting het om dit self te kon doen nie. Die rioolwater het die afgelope twee weke in die kanaal ingeloop wat weer in die Rooidam invloei, en ook die Mimosa-spruit besoedel wat weer in die Vaalrivier inloop. Dit het tot ’n ondraaglike stank gelei, ook by die laerskool se sportgronde, en is die Rooidam se water steeds ‘n vrotspul van grasgroen rioolwater.  

 

Die Rooidam se water is nou groen van die rioolwater. Foto: Verskaf

 

  Dit was teen Gazette se druktyd nog nie seker wat die munisipaliteit gaan doen om die besoedelde gebied te rehabiliteer nie. Die voorstel is dat die kanaal minstens gespoel sal moet word om die rioolwater in die dam te verdun. Inwoners het die naweek al gedreig om ‘n kriminele klag teen die munisipaliteit te lê, sou die storting nie stopgesit word nie, en is die Fezile Dabi distriksmunisipaliteit se gesondheidsafdeling ook van die rioolbesoedeling in kennis gestel.    

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button