SportSport

Potchefstroom se parkrun trek ‘n nuwe baadjie aan

Potchefstroom se parkrun trek ‘n nuwe baadjie aan

Na ‘n tydperk van meer as twee jaar is parkrun weer terug in Potchefstroom met ‘n nuwe roete by Kleinplaas op die R53 (Paryslaan).

Na ‘n tydperk van meer as twee jaar is parkrun weer terug in Potchefstroom met ‘n nuwe roete by Kleinplaas op die R53 (Paryslaan). Die nuwe Kleinplaas parkrun se openingsdatum is Saterdag, 26 Maart. Hierdie nuwe parkrun beloof om steeds, net soos die vorige weergawe by die Trimpark, ook vir talle mense in die gemeenskap ‘n oggend van pret oor die 5km afstand te verskaf.

 
Hier is Jan Adriaan en sy seun Ignu by die nuwe bruggies wat hulle self bou.

Die redes vir die skuif na ‘n nuwe ligging (ongeveer 4.1km vanaf Potchefstroom Sentraal) is vir beter veiligheid en netheid, pragtige natuurskoon, ‘n gerieflike kuierarea, sowel as toiletgeriewe en veilige parkering.

Die organiseerders van die nuwe Kleinplaas parkrun, Ryno Verster en Carlo Wright, tydens een van die beplanningsessies die afgelope week. Foto: Verskaf

Die Kleinplaas parkrun beoog om die mees opwindende parkrun in die land te word met verskillende opgraderings en voortdurende veranderinge in die roete self.

 

Dié parkrun nooi graag die gemeenskap om deel van die parkrun-familie te word. Vir meer inligting kan belangstellendes die Kleinplaas parkrun-blad op Facebook dophou en “like.” Daar sal inligting gedeel word. Navrae kan ook per WhatsApp aan Vicky Hattingh by 067 028 3739 gerig word of per e-pos na kleinplaas@parkrun.com gestuur word.

 
 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button