Na ‘n tydperk van meer as twee jaar is parkrun weer terug in Potchefstroom met ‘n nuwe roete by Kleinplaas op die R53 (Paryslaan).

Die redes vir die skuif na ‘n nuwe ligging (ongeveer 4.1km vanaf Potchefstroom Sentraal) is vir beter veiligheid en netheid, pragtige natuurskoon, ‘n gerieflike kuierarea, sowel as toiletgeriewe en veilige parkering.

Die Kleinplaas parkrun beoog om die mees opwindende parkrun in die land te word met verskillende opgraderings en voortdurende veranderinge in die roete self.
Dié parkrun nooi graag die gemeenskap om deel van die parkrun-familie te word. Vir meer inligting kan belangstellendes die Kleinplaas parkrun-blad op Facebook dophou en “like.” Daar sal inligting gedeel word. Navrae kan ook per WhatsApp aan Vicky Hattingh by 067 028 3739 gerig word of per e-pos na kleinplaas@parkrun.com gestuur word.





