NewsNewsSportSport

Brons vir André en sy span ná SA Senior Varswater Oewerhengel kragmeting

Brons vir André en sy span ná SA Senior Varswater Oewerhengel kragmeting

 

 

Parysenaar André van Zyl spog met ‘n bronsmedalje na afloop van die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie se nasionale senior kampioenskappe vir die A tot D afdelings wat vanjaar by Bloemhofdam gehou is. André het in die D-afdeling vir Sentraal Noordwes Provinsie gehengel, waarby hy geaffilieer is. Deelnemende hengelaars het op 5 en 6 Maart aan die amptelike oefendae deelgeneem, waarna daar van 7-9 Maart kompetisie gehengel is.  

 

 

André van Zyl na afloop van dag twee van die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie se nasionale senior-kampioenskappe wat by Bamboesspruit by Bloemhofdam gehou is.

 

 

 

 

Ten spyte van die nat weersomstandighede en uitdagende paaie wat daagliks aangedurf moes word tot by die Bamboesspruit wat die oewer was waar die D-afdelings teen mekaar moes kragte meet, het dit met die Sentraal Noordwes D-span glad nie sleg gegaan nie. Hulle het na afloop van die kampioenskappe in die algehele derde posisie geëindig. Andre se individuele prestasie oor die drie kompetisie dae was as volg: Dag 1: 6 Visse met ‘n gewig van 18.95kg Dag 2: 14 Visse met ‘n gewig van 26.7kg Dag 3: 40 Visse met ‘n gewig van 35.65kg wat ook vir André ‘n 3de plek in sy sone verdien het vir die dag.  

 

 

Related Articles

Back to top button