Vyf van Parys weer later in hof vir beweerde koperkabeldiefstal

    Die 5 verdagtes wat in Februarie vanjaar in Parys in hegtenis geneem is op klagte van diefstal, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en peuter met noodsaaklike infrastruktuur, sal weer op 11 April voor die hof verskyn nadat hulle Maandag 14 Maart vlugtig voor die hof was.   Die vyf verdagtes, Andries Jacobus …

 
Die 5 verdagtes wat in Februarie vanjaar in Parys in hegtenis geneem is op klagte van diefstal, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en peuter met noodsaaklike infrastruktuur, sal weer op 11 April voor die hof verskyn nadat hulle Maandag 14 Maart vlugtig voor die hof was.
 
Die vyf verdagtes, Andries Jacobus Jordaan (54), Jan Ntshidi (47), Zweli Nxanga (31), Tsietsi Lucas Morobe (41) en Hilton Dannis Wall (64)  is tans almal uit op borg, het Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo, bevestig.
 
Die arrestasie is gemaak ná ‘n gesamentlike operasie deur die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad ondersoeke, die K9-eenheid van Sasolburg, en die Toegewysde Provinsiale Tweedehandse Goedere Beampte (DSO) in samewerking met Telkom, Eskom, Transnet en MTN, en is as groot deurbraak beskou in die voortslepende vlaag va diefstal van koperkabel in Parys.  
 
Volgens kapt. Singo is sekere skroothandelaars geidentifiseer wat na bewering van die gesteelde eiendom sou ontvang het. Singo sê Eskom koperkabel, Eskom aluminium, Telkom koperkabel en munisipale kabel met ‘n geraamde waarde van meer as R60 000 is gekry nadat die polisie Salvage Junkie Scrap Metal besoek het.

 

Terwyl polisiebeamptes nog by die handelaar besig was, het drie sekuriteitsbeamptes, Ntshidi, Nxanga en Morobe wat klaarblyklik Eskom-persele bewaak, daar opgedaag met gesteelde koperkabel met ‘n geraamde waarde van R8 000. Die kabel is by Eskom-persele gesteel.    

 
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button