News

Die president was hier

Die president was hier

 

President Cyril Ramaphosa was Dinsdagoggend een van die gassprekers by die Bonsmara Red Breed Event en nasionale veiling wat in Parys gehou is.
Die kongres is by Stonehenge gehou, en die veiling by die AfriDome, nadat die veiling inderhaas geskuif moes word weens swaar reën wat Maandagmiddag in die dorp geval het.
Die geleentheid is ook deur Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, bygewoon, sowel as die minister van landbou, Thoko Didiza, en die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela.

Van links is die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, Nick Serfontein (voorsitter van die Sernick Groep), president Cyril Ramaphosa, Duncan Serapelwa, (Top Farmer en mentor), Thoko Didiza (Minister van Landbou) en rdl. Victoria de Beer (uitvoerende burgemeester van die Ngwathe munisipaliteit). Foto: Verskaf

Die personeel van Stonehenge saam met die president. Foto: Verskaf

Inwoners van Parys was salig onbewus van die president se koms en heel verbaas toe die Kopjeskraalpad die oggend gesluit is vir die presiden-siële konvooi om te kon deurbeweeg na Stonehenge. Hy het kort nadat hy sy toespraak gelewer het, weer vertrek.

 

 

Related Articles

Back to top button