News

Die president was hier

Die president was hier

 

President Cyril Ramaphosa was Dinsdagoggend een van die gassprekers by die Bonsmara Red Breed Event en nasionale veiling wat in Parys gehou is.
Die kongres is by Stonehenge gehou, en die veiling by die AfriDome, nadat die veiling inderhaas geskuif moes word weens swaar reën wat Maandagmiddag in die dorp geval het.
Die geleentheid is ook deur Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, bygewoon, sowel as die minister van landbou, Thoko Didiza, en die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela.

Van links is die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, Nick Serfontein (voorsitter van die Sernick Groep), president Cyril Ramaphosa, Duncan Serapelwa, (Top Farmer en mentor), Thoko Didiza (Minister van Landbou) en rdl. Victoria de Beer (uitvoerende burgemeester van die Ngwathe munisipaliteit). Foto: Verskaf

Die personeel van Stonehenge saam met die president. Foto: Verskaf

Inwoners van Parys was salig onbewus van die president se koms en heel verbaas toe die Kopjeskraalpad die oggend gesluit is vir die presiden-siële konvooi om te kon deurbeweeg na Stonehenge. Hy het kort nadat hy sy toespraak gelewer het, weer vertrek.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button