News

R8 500 vir bestuurslisensie – en toe kry die geld en die beloofde lisensie voete

R8 500 vir bestuurslisensie - en toe kry die geld en die beloofde lisensie voete

Om jou bestuurslisensie op onwettige wyse te bekom, kan jou duur te staan kom.
Só het twee verdagtes, Keneilwe Elisa Molehe (53), en Kebautlwile Jacqueline Kgwadi (47), op die harde manier geleer toe hulle gearresteer is vir bedrog en korrupsie. Hulle het reeds Maandag 14 Maart voor die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Volgens Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo, wou hul slagoffer gedurende Maart gaan registreer vir vir sy bestuurslisensie toets. Een van die verdagtes het hom genader en gesê dat hy  Matsobane Michael Mokhonwana (48) ken, wat hom kan help om sy bestuurslisensie te kry.
‘n Ontmoeting is gereël met Mokhonwana en is ooreengekom dat die slagoffer gehelp sal word met sy bestuurslisensie vir R8 500. Nodeloos om te sê die geld is betaal, maar dit was die laaste sien van die geld en die beloofde bestuurslisensie.
Die slagoffer het daarna herhaaldelik probeer om uit te vind wat geword het van die geld en lisensie, en het toe uiteindelik die saak by die polisie gaan rapporteer. Die saak is daarna oorgegee aan die Valke. Hierop is Kgwadi en Molehe Saterdag 12 Maart gearresteer deur die Valke en die Taktiese Reaksie eenheid van die polisie in Bloemfontein.
Mokhonwana en Lehlohonolo Athy Molosi (46) is reeds in Januarie vanjaar gearresteer.
Molehe en Kgwadi het reeds voor die hof verskyn en is borg toegestaan van R500 elk. het kapt. Singo gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button