News

Hierdie kruisings wil lesers hê moet aandag kry

Hierdie kruisings wil lesers hê moet aandag kry

 

Kruisings wat ’n gevaar vir motoriste inhou weens lang gras is sedert verlede week reeds deur lesers uitgewys, in reaksie op ‘n berig in die Gazette. Die kruisings is reeds aan die burgemeester, rdl. Victoria de Beer deurgegee wat belowe het dat aandag hieraan gegee sal word. Kom ons help om Parys weer ‘n spog dorp te maak. Vir eers sal daar gefokus word op afwesige en verbleikte verkeerstekens, en gevaarlike hoeke en kruisings waar sig deur boomtakke en lang gras versper word.

Wanneer jy weer iewers in die dorp sou ry – neem ‘n foto van kruisings of verkeerstekens wat werklik ‘n ernstige gevaar vir motoriste inhou. Stuur dan jou foto na die Gazette by 060 690 7591. Die gedagte is dat ons die kruisings wat dringend aandag nodig het, aan die munisipaliteit en vrywilligers sal deurgee om sodoende te probeer om met behulp van ons lesers ‘n verskil te maak.

Al die foto’s wat ontvang word, word op Parys Gazette se webtuiste gelaai en opdateer sodat rekord gehou word van kruisings wat gerapporteer word.

Adresse wat reeds ontvang is, is:

  • h/v Loop- en Grensstraat

* h/v Eerstelaan en Van Collerstraat

* h/v Schilbach en Van Collerstraat

  • h/v Schilbach- en Noorder

* h/v Derdelaan en Wesstraat

* h/v Muller- en President Kruger

* h/v Grens- en Freedmanstraat

H/v Eerstelaan en Van Collerstraat

H/v Schilbach- en Van Collerstraat.

   

H/v Grens- en Freedmanstraat

H/v Derdelaan en Wesstraat

 

Kruising by Mullerstraat en President Kruger

H/v Loop- en Grensstraat.

H.v Schilbach- en Noorderstraat

 

Related Articles

Back to top button