News

Kyk net dié spog sypaadjies!

Nog net ’n week om jou sypaadjie-tuin in te skryf - fantastiese pryse om te wen

 

 

Gou spring – hierdie is die laaste week om nog jou sypaadjie-tuin Om in te skryf vir die kompetisie vir die “Mooiste sypaadjie-tuin in Parys” is maklik: * Enige iemand kan deelneem. * Inskrywings is oop vir die hele Parys, of jy in ‘n luukse woning bly, of in ‘n sinkplaat huis…hierdie gaan net oor die mooiste sypaadjie! * Jy mag ook ‘n sypaadjie of munisipale area wat ‘n inwoner self mooi maak nomineer! * Maart-inskrywings wat nie as wenner aangewys is nie, sal outomaties oorgedra word na die volgende maand se kompetisie.

Al wat jy hoef te doen is om ‘n mooi, duidelike foto van jou sypaadjie/munisipale area wat jy self onderhou, te WhatsApp met jou naam, van, en straatadres na 083 258 3586. Slegs foto’s met dié inligting sal aanvaar word. Inskrywings vir Maart 2022 sluit op 21 Maart.

Die wenner sal elke maand op die laaste Vrydag van die maand aangekondig word, en die trofee-oorhandiging sal deur die burgemeester vir Ngwathe, saam met Sanette van Petit Jardin, oorhandig word op dieselfde dag wat die wenner aangekondig word, by die wenner se spog sypaadje. Nie net ontvang jy ‘n wisseltrofee nie – daar sal elke maand ‘n fantastiese geskenk/geskenke saam met die trofee aan die wenner oorhandig word danksy ongelooflike borge se ondersteuning.

Wat kan jy wen?

🌟 Een nag se verblyf by River Rock Lodge

🌟 ‘n Wildrit deur Savannah Africa

🌟 Spa geskenkbewys van Stepping Stones Spa

🌟 ‘n Pragtige plant van Misty’s Garden Select

🌟 ‘n Geskenk van WITH HEART Creations

En, natuurlik die wisseltrofee wat deur die burgemeester vir Ngwathe aan jou oorhandig word.

Borge wat wil bydra tot die kompetisie met pryse of geskenkbewyse kan vir Sanette by 083 258 3586 skakel.  

Hier is die sypaadjies wat reeds ingeskryf is. 

 

 

 

 

 

 

 

 

Neem deel en maak ons weer trots op ons dorp! Dit kos jou niks, net die bereidwilligheid om deel te neem en ‘n verskil in jou dorp te maak. Die meegaande foto’s dien slegs as voorbeelde en is nie inskrywings nie. Let asseblief daarop dat Petit Jardin net een van die beoordelaars en fasiliteerders van die kompetisie is en nie enige geldelike gewin uit die kompetisie kry nie. Please note that Petit Jardin does not receive any income or any other form of advantage with this competition. Petit Jardin is the main facilitator of the competition as well as one of the judges.    

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button