NewsNews

Só maak AfriForum ook in ander gemeenskappe ‘n verskil

AfriForum hou die Mooirivier veilig

 

AfriForum se veiligheidsnetwerke in die Mooirivier het in Februarie weereens ’n reuse bydrae in die dorpe en omliggende gebiede gelewer.   Daar is ongeveer 740 patrollies gery deur 536 patrolleerders.   Die buurtwagte in hierdie streek is Bothaville, Parys, Sasolburg, Ellaton, Songloed, Hartbeesfontein buurt- en plaaswag, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp en Wolmaransstad. Drie van dié buurtwagte het ook aktiewe protospanne.  

Gedurende Februariemaand het die buurtwagte gereageer op voorvalle van huisbrake, kabeldiefstal, betreding, brande en beskadiging van infrastruktuur. Die buurtwagte het ook die polisie bygestaan op ongelukstonele en in ander voorvalle gehelp om gesteelde goedere terug te vind.   Die buurtwagte speel dikwels ook ’n groot rol in die voorkoming van misdaad, terwyl hulle ook help om slaggate te vul, gras te sny en bome te snoei.  

“Dit beteken baie vir die inwoners dat ons eie mense verantwoordelikheid neem vir ons veiligheid. AfriForum se veiligheidsnetwerke doen hulle bes om die polisie by te staan in hul werk,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.  

“Die samewerking tussen die verskillende veiligheidsinstansies, die polisie en ons strukture is werklik verblydend. Ek het groot waardering vir die werk wat die buurtwagte doen en die suksesse wat behaal word. Samewerking is die enigste manier waarop misdaad doeltreffend bekamp kan word. AfriForum bly aan die voorpunt met inisiatiewe om sy buurtwaglede te bemagtig en veilig te hou met die korrekte opleiding,” sê Joseph Renaud, AfriForum se hoof van veiligheid vir die sentraalstreek.  

Die takke moedig die gemeenskap aan om by die buurtwagte aan te sluit. SMS “Buurtwag” na 45344 (R1) om betrokke te raak.  

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button