News

Maak dié Paasfees ’n besondere belewenis met Die Kruistog

Maak dié Paasfees ’n besondere belewenis met Die Kruistog

 

 

Die gemeenskap van Vredefort bied vanjaar ‘n unieke Paasfees-belewenis met ‘n Kruistog wat op 15 April vanaf 12:00 by die Vredefort Sportgronde aangebied word.

Ver van die Via Dolorosa sal die roete in die hart van die wonderskone Vredefort Koepel gestap word “om eer aan Jesus te bring deur self die kruis op te neem en ‘n roete in die Vrystaat te stap,” sê die organiseerders.

Gelowiges van alle gemeentes, ook in Parys, Koppies, Kroonstad en Viljoenskroon, kan saamstap. ‘n Vlot sal die stappers vooruitgaan op die staproete, en as dit nie moontlik is vir jou om die roete self te kan stap nie, kan jy dit steeds beleef met ‘n trekker en sleepwa wat sal saamry op die roete.

Daar gaan lofliedere met begeleiding gesing word, getuienisse gehoor word, en nagmaal bedien word, om die besondere gebeurtenis op die kerkkalender te vier. Nooi jou vriende en familie om die dag saam te kom spandeer. Daar is ook piekniek geleentheid vir familie samesyn.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button