News

Maak dié Paasfees ’n besondere belewenis met Die Kruistog

Maak dié Paasfees ’n besondere belewenis met Die Kruistog

 

 

Die gemeenskap van Vredefort bied vanjaar ‘n unieke Paasfees-belewenis met ‘n Kruistog wat op 15 April vanaf 12:00 by die Vredefort Sportgronde aangebied word.

Ver van die Via Dolorosa sal die roete in die hart van die wonderskone Vredefort Koepel gestap word “om eer aan Jesus te bring deur self die kruis op te neem en ‘n roete in die Vrystaat te stap,” sê die organiseerders.

Gelowiges van alle gemeentes, ook in Parys, Koppies, Kroonstad en Viljoenskroon, kan saamstap. ‘n Vlot sal die stappers vooruitgaan op die staproete, en as dit nie moontlik is vir jou om die roete self te kan stap nie, kan jy dit steeds beleef met ‘n trekker en sleepwa wat sal saamry op die roete.

Daar gaan lofliedere met begeleiding gesing word, getuienisse gehoor word, en nagmaal bedien word, om die besondere gebeurtenis op die kerkkalender te vier. Nooi jou vriende en familie om die dag saam te kom spandeer. Daar is ook piekniek geleentheid vir familie samesyn.

 

 

Related Articles

Back to top button