News

AfriForum stig tak in Viljoenskroon

AfriForum stig tak in Viljoenskroon

 

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 Maart 2022 ’n tak in Viljoenskroon gestig nadat talle inwoners in die dorp hul behoefte vir die stigting van ’n AfriForum-tak uitgespreek het.  

Die bestuur bestaan uit Boet Wienand (voorsitter), Kobus Vermeulen (ondervoorsitter), Lynne Griesel (sekretaris) en Jaco Roux (tesourier). Die volgende portefeuljebeamptes is ook verkies: Willie Griesel (omgewingsake) en Benton Nortman (jeug en sport).  

“Die meeste van die dorp se probleme spruit uit die swak dienslewering wat inwoners van die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit ontvang. Viljoenskroon-inwoners sukkel geweldig met slaggate, elektrisiteitsprobleme, watervoorsiening, riolering, die vullisterrein, die gebrek aan kommunikasie vanaf die munisipaliteit en die algehele verval in die dorp wat grootliks te wyte is aan die gebrek aan instandhouding,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.  

“Dié nuutgestigte tak sal druk op die munisipaliteit uitoefen sodat dienslewering kan verbeter, maar sal ook self moue oprol om probleme uit die weg te ruim,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir Gemeenskapstrukture vir die sentraalstreek.

Van links is Benton Nortman, Kobus Vermeulen, Boet Wienand, Alta Pretorius, Jaco Grobbelaar en Jaco Roux. Willie en Lynne Griesel was afwesig met die neem van die foto.

    Die tak moedig die gemeenskap aan om by AfriForum betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Viljoenskroon” na 45344 (R1) om betrokke te raak.  

       

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button