NewsNews

Is jy dié een wat geskiedenisfeite op die punte van jou vingers ken?

Dit is weer tyd vir die Internsionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade

   

 

  Is jy dié een wat geskiedenisfeite op die punte van jou vingers ken? Dalk is jy juis dié een saam met wie ander wil speel of altans eerder nie jou as teenstander wil hê as daar ’n vasvrakompetisie oor geskiedenis is nie. As jy nog wonder waar jy jou kennis oor geskiedenis kan toets, dan het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) die perfekte oplossing vir jou: die Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade 2022.   Selfs as jy jou kennis oor geskiedenis wil uitbrei of meer daaroor wil leer, bied dié geskiedenisolimpiade jou ook hierdie geleentheid.   Die Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade word vanjaar weer vir laerskole en hoërskole aangebied met onderskeidelik die Pionierstydperk (1652 tot 1820) en Groot Trek-tydperk (1820 tot 1845) as temas. Die klem val op  Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Die geskiedenisolimpiade vir hoërskole sal uit twee rondtes bestaan. Die eerste rondte, wat op 2 Augustus sal wees,  behels ’n aanlyn vraestel wat bestaan uit multikeusevrae, wat onder meer vrae sal bevat oor idiome uit die Groot Trek, algemene inligting, monumente en erfenisterreine en belangrike persone uit hierdie tydperk, en Westerse geskiedenis oor enkele gebeurtenisse wat tussen 1820 en 1845 plaasgevind het, soos bv. Koning Victoria wat die kroon bestyg het in 1837.  

Diegene wat deurdring na die tweede rondte, wat op 9 September sal plaasvind, kry spesifieke onderwerpe oor hierdie Groot Trek-tydperk en moet dan ’n opstel skryf waar standpuntstelling, beredenering en algemene kennis getoets word. Om deur te dring na die tweede rondte moet ’n kandidaat minstens 80% in die eerste rondte behaal het.

 

’n E-publikasie oor die Groot Trek-tydperk (1820-1845) is opgestel om as bron te dien vir vanjaar se toets. Let wel dat die aanlyn toets nie ’n oopboektoets is nie.

  Laerskoolleerlinge van gr. 4 tot 7 sal ’n aanlyn toets op 16 Augustus moet skryf.  Hulle sal weer ’n e-publikasie oor die Pionierstydperk (1652 tot 1820) as navorsingsbron tot hulle beskikking hê.   Deelnemers kan vanaf 7 Maart by projekte.co.za inskryf.   Daar is kontantpryse vir die wenners op die spel en alle deelnemers sal ’n deelnamesertifikaat ontvang. Die wenskole ontvang R5000-R10 000 en ’n FAK-Wisseltrofee vir geskiedenis.   Alle navrae kan gerig word aan chrisna@kultuurtuiste.org.za of per WhatsApp by 083 460 6017.  

 

     

 

Related Articles

Back to top button