News

Babaseuntjie op ashoop weggegooi

Polisie vra publiek se hulp

 

 

Die polisie vra die hulp van die gemeenskap om te help soek na die ouers van ‘n pasgebore babaseuntjie wat Dinsdagoggend 8 Maart op die vullisstortingsterrein net buite Parys gekry is.    

 

Hier is die liggaam van die pasgebore babaseuntjie gekry.   

Die liggaam van die babaseuntjie is net na 10:00 die oggend gekry nadat mense wat ‘n lewe maak uit herwinning by die stortingsterrein op die seuntjie se liggaam afgekom het, en dit aan die polisie gerapporteer is. Die seuntjie is op die toneel deur nooddienspersoneel dood verklaar.  Daar was geen sigbare beserings aan sy lyfie nie, het polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani, bevestig.

Die publiek is gevra om enige inligting aan speur-sers. Thamsanqa Nqai deur te gee by 082 554 3041.   

 

   

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button